Wie is Ons?

Hierdie blog, wat op die oomblik nog naamloos is, is 'n splinternuwe inisiatief deur die leeders van Hoerskool Florida. Ons het besluit dat daar gerus 'n aanvulling tot die Florrie Fokus, die weeklikse nuusbrief, moet wees. Ons beoog om so gou as moontlik die wiel wat nou al aan die rol is te omskep in 'n gedrukte koerant. Ons wil ook hierdie webtuiste as die aanlyne deel van die koerant gebruik.

Hierdie aanlyne deel van ons opkomende publikasie kan egter ten volle benut word deur om nie net oor goed te skryf wat onder die palmbome gebeur nie, maar om dit 'n plek vir alle jeug te maak. Musiek, onderhoude met die bekendes, interessante nuus en skindernuus en 'n klompie ander kwaai goed sal hier gevind word...

HOU HIERDIE SPASIE DOP.